Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

30 ml (2 e) olie

2 uie, in skywe gesny

1 tamatie, in blokkies gesny

5 knoffelhuisies, fyn gekap

15 ml (1 e) gemmerpasta

10 ml (2 t) fyn koljander

5 ml (1 t) fyn komyn

2 ml (½ t) borrie

2 ml (½ t) brandrissiepoeier

10 ml (2 t) geroosterde masala

4 beenlose hoenderborsies, in blokkies gesny

375 ml (1½ k) water

2 groen brandrissies, fyn gekap (opsioneel)

  1. Meng die olie en uie in ’n mikrogolfbestande bak en mikrogolf 3 minute op volle krag.
  2. Maal die gaar uie met ’n stamper en vysel tot ’n gladde pasta en sit eenkant. Maal die tamatie, knoffel en gemmer met die stamper en vysel tot ’n gladde pasta.
  3. Meng die twee pastas in ’n mikrogolfbestande bak en mikrogolf 3 minute. Meng die speserye en hoenderblokkies in en mikrogolf nog 2 minute. Roer die water in en mikrogolf nog 5 minute of tot die hoender gaar is.
  4. Roer die groen brandrissies in (indien jy dit gebruik) vir nog sterkte en sit voor met naanbrood of rys en gewone jogurt.