Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 1 uur

1 heel hoender, ruggraat verwyder en platgedruk

sout en peper

30 ml (2 e) dukkah

WORTELSLAAI

4 wortels, geskil en gerasper

120 g slaaiblare, kleiner geskeur

4 dadels, gekap

SLAAISOUS

60 ml (¼ k) olyfolie

30 ml (2 e) suurlemoensap

2 ml (½ t) fyn komyn

’n knippie fyn kaneel

Voorverhit die oond tot 230 °C. Sit ’n draadrakkie op ’n bakplaat en bespuit met kossproei.

  1. Geur die hoender met die sout en peper. Sprinkel die dukkah oor die hoender en plaas op die bereide bakplaat.
  2. Rooster 15 min. Verlaag die temperatuur tot 180 °C en rooster nog 45 min.
  3. Wortelslaai Meng al die bestanddele vir die slaai in ’n mengbak.
  4. Slaaisous Klits al die bestanddele goed en geur met sout en peper. Giet oor die slaai en meng liggies.
  5. Sny die hoender in porsies en sit voor saam met die slaai en ekstra dukkah.