Genoeg vir: 4

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 30 min.

30 ml (2 e) olyfolie

4 hoenderborsfilette, dun gesny

5 ml (1 t) komyn

5 ml (1 t) rissiepoeier

10 ml (2 t) sout

2 rooi soetrissies, gesny

3 groen rissies, gekap

250 g spaghetti, gekook

160 ml (²/3 k) room

160 ml (²/3 k) melk

80 ml (1/3 k) cheddar, gerasper

80 ml (1/3 k) mozzarella, gerasper

1. Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol, voeg die hoender, komyn, rissie en sout by. Kook 5 min. op hoë hitte, en roer voortdurend.

2. Voeg die soetrissies by. Kook nog ’n paar minute tot sag. Voeg die groen rissies en pasta by, skink die room en melk by en bring tot kookpunt. Voeg dadelik die kaas by en roer tot dit gesmelt en die sous glad is. Verlaag die hitte en laat 5 min. saggies kook of tot die hoender gaar is.

Resepte: Carmen Petersen

Stilering: Hope Malau

Foto’s: Megan Miller