Lewer 6 porsies.

Hoender-en-boontjiemengsel

30 ml (2 e) olie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

200 g-300 g ontbeende hoenderborsies, in repies gesny

1 groen soetrissie, gekap

5 ml (1 t) fyn komyn

5 ml (1 t) droë orego

2 ml (¼ t) droë brandrissies

2 ml (¼ t) sout

1 blik (440 g) rooi nierboontjies, gedreineer

45 ml (3 e) gekapte, vars koljander

sap van ½ suurlemoen

Kaassous

45 ml (3 e) botter

45 ml (3 e) koekmeel

375 ml (1½ k) melk

125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper

2 ml (¼ t) droë orego

Afronding

150 g mielieskyfies (Dorito’s)

125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper

paprika

Voorverhit die oond tot 220°C. Smeer ‘n groot oondvaste bak.

Hoender-en-boontjiemengsel 

Verhit die olie in ’n groot swaarboompan, voeg die uie en knoffel by en soteer tot sag.

Voeg die hoender en soetrissie by.

Roerbraai tot die hoender net gaar is.

Verwyder die pan van die hitte en roer die geurmiddels, nierbone, koljander en suurlemoensap by.

Hou eenkant.

Kaassous 

Smelt die botter in ’n skoon kastrol en voeg die meel by.

Roer om ’n gladde pasta te vorm.

Verhit tot kookpunt en laat borrel.

Voeg die melk geleidelik by terwyl aanhoudend geroer word.

Verhit tot kookpunt en laat prut tot gaar.

Verwyder van die hitte en roer die kaas en orego by.

Afronding 

Rangskik die helfte van die mielieskyfies onder in die voorbereide oondvaste bak, skep die hoender-en-bonemengsel bo-oor en bedek met die orige mielieskyfies.

Giet die kaassous oor en sprinkel die kaas en paprika oor.

Bak 15-20 minute lank tot goudbruin en sit voor met ‘n avokado-salsa. (resep onder).

Avokado-salsa

Skil en sny 1 avokado in blokkies, voeg 3 gekapte stingeluie en die gekapte vleis van 1 Roma-tamatie by. Geur met suurlemoensap, sout en peper.

Sakpaswenk

Vervang die kaas vir bo-oor sprinkel met broodkrummels.