Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 min

Baktyd: 20-30 min

1 blik (400 g) rooi nierboontjies

1 blik (400 g) gebakte boontjies

1 blik (400 g) Mexikaanse tamaties

500 ml (2 k) gaar hoendervleis, in stukkies gesny

2-5 ml fyn komyn (opsioneel)

30-45 ml (2-3 e) gekapte koljanderblare

50 ml mayonnaise

100 ml natuurlike jogurt

1 pak (150 g) mielieskyfies

125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n groot oondvaste bak.

Meng die nier- en gebakte boontjies, tamaties, hoendervleis, komyn en koljanderblare. Meng die mayonnaise en jogurt. Sprinkel die helfte van die mielieskyfies onder in die oondvaste bak. Skep die bonemengsel daarop en skep die mayonnaisemengsel bo-oor. Sprinkel die orige mielieskyfies oor, asook die kaas. Bak sowat 20 minute of tot die kaas gesmelt en die gereg warm is. Sit voor met avokadoslaai en suurroom.

AVOKADOSLAAI

Sny 1 avokodo in stukkies. Giet ’n bietjie suurlemoensap oor. Geur met sout en peper. Kap 3 stingeluie fyn en sprinkel oor.