Mev. J. Shelford van Marshalltown stuur vir ons gereeld heerlike resepte. Die lekkerte van dié gereg is dat dit bitter min bereiding verg.

Genoeg vir 6-8 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 1-1½ uur

45 ml (3 e) olyfolie

4 knoffelhuisies, fyngedruk

6-8 hoenderporsies, die meeste vet verwyder

6-8 repies spekvleis of pancetta

2 blikke (400 g) heel of gekapte kersietamaties

4 ingelegde songedroogde tamaties, gekap

125 ml (½ k) witwyn

125 ml (½ k) hoenderaftreksel

60-80 ml (¹/4-¹/3 k) vars basilie, gekap

200 g murgpampoentjies, in dik stukke gesny

200 g knopiesampioene

1 rooi en 1 geel soetrissie, ontpit

en in groot blokke gesny

2 uie, in stukke gesny

125 ml (½ k) groen- of swartolywe, ontpit 30 ml (2 e) kappertjiesade (opsioneel) basilie en origanum vir garnering Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Verhit die olie en braai die knoffel effens daarin saam met die hoenderporsies.
  2. Geur ligweg met sout en peper. Braai tot alkant effens bruin. Draai ’n repie spekvleis om elke stukkie. Pak in ’n oondbak.
  3. Meng die tamaties, songedroogde tamaties, wyn, aftreksel en basilie en giet bo-oor.
  4. Voeg die groente, olywe en kappertjiesaad by en bak sowat 45-60 minute tot die hoender sag is.
  5. Sprinkel die ekstra basilie en origanum oor en sit voor saam met korserige brood en olyfolie.
WENKE
  • Indien die gereg baie souserig is, kan jy die hoender n groente uitskep, die sous in ’n kastrol giet en afkook tot geurig en dik.
  • Gewonder waar kom die klein tamaties op die foto vandaan? ’n Mens kry hulle geblik te koop by supermarkte soos Woolworths en Pick n Pay, maar jy kan gewone gekapte tamatie ook gebruik.

Volg Huisgenoot op Twitter.