Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur

staantyd: 10 minute

Hoender

1 kg hoenderstukke (dytjies en boudjies)

sout

Sous

250 ml (1 k) goeie mayonnaise

1 bossie vars koljanderblare, gekap

1 bossie vars kruisement, gekap

knippie swartpeper

5 ml (1 t) brandrissiepoeier

roti’s, rys of broodrolletjies en slaai vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Hoender Geur die hoender met sout.
  2. Sous Meng die sousbestanddele, giet oor die hoender, meng goed deur en pak in ’n oondvaste bak. Laat 10 minute staan.
  3. Bak sowat 1 uur of tot gaar en goudbruin.
  4. Sit voor met roti’s, rys of broodrolletjies en slaai.