• HOENDER: 6 hoenderporsies
  • sout en vars gemaalde peper
  • 60 ml (¼ k) mayonnaise
  • 15 ml (1 e) suurlemoensap 
  • handvol vars koljanderblare, gekap
  • KAPOKAARTAPPEL: 6 groot aartappels, gekook en geskil
  • 250 ml (1 k) ertjies
  • 15 ml (1 e) botter

    Voorverhit die oond tot 200 °C. HOENDER: Geur die hoender met die sout en peper. Meng die mayonnaise, sap en koljander en smeer die hoender daarmee in. Pak op ’n bakplaat en rooster 40-45 minute tot gaar.

KAPOKAARTAPPEL: Druk die aartappels fyn, meng die ertjies en botter deur en geur met die sout en peper. Sit saam met die hoender voor.