Genoeg vir 4

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 45 min.

4-6 hoenderporsies

sout en vars gemaalde peper

10 ml (2 t) fyn komyn

5 ml (1 t) fyn koljander

RYS

375 ml (1 ½ k) basmati-

of halfgaar rys

15 ml (1 e) botter

15 ml (1 e) olyfolie

3 uie, in skyfies gesny

10 g vars pietersielie, gekap

10 g vars koljanderblare, gekap

60 ml (¼ k) rosyntjies, opsioneel

2 ml (½ t) fyn komyn

Voorverhit die oond tot 230 °C. Spuit ’n bakplaat met kossproei.

  1. Geur die hoender met die sout, vars gemaalde peper, komyn en koljander.
  2. Pak op ’n bakplaat en rooster 15 min. Verlaag die temperatuur tot 180 °C en braai nog 30 min. of tot gaar.
  3. Rys Kook die rys tot gaar en dreineer. Verhit die botter en olie in ’n pan, en braai die uie tot goudbruin en bros.
  4. Meng die uie, pietersielie, koljander en rosyntjies deur die rys.
  5. Geur met die komyn, sout en vars gemaalde peper.
  6. Pak die hoender op die rys, sprinkel gekapte pistachioneute oor en sit voor.