Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 35 minute

45 ml (1 e) olie

2 hoenderborsfilette, in blokkies gesny

sout en vars gemaalde swartpeper

300 g spinasie

2 rooi-uie, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

2 groen brandrissies, fyn gekap

15 ml (1 e) koljandersaad

15 ml (1 e) komynsaad

1 blik (400 g) keker-ertjies

1 eiervrug, in blokkies gesny

1 blik (400 g) gekapte tamaties

1 Verhit 15 ml (1 e) van die olie in ’n braaipan oor matige hitte en soteer die hoender 15 minute. Geur met die sout en peper. Verwyder uit die pan, bedek en sit eenkant.

2 Blansjeer die spinasie 2 minute in kookwater, koel onder lopende koue water af en druk die water uit. Kap in ’n voedselverwerker.

3 Vee die braaipan uit en verhit die oorblywende olie oor matige hitte. Voeg die uie, knoffel, brandrissies, speserye en keker-ertjies by en kook 5 minute.

4 Voeg die eiervrug by en kook 5 minute of tot gaar. Roer die tamaties in en geur met die sout en peper. Bedek, verlaag die hitte en laat prut 10 minute. Meng die gaar hoender in en sit voor.

- Hope Malau