Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 20-25 minute

1 elk groen en rooi soetrissie,

in repe gesny

250 g sampioene, in kwarte gesny

1 rooi-ui, in ringe gesny

60 g botter

30 ml (2 e) koekmeel

250 ml (1 k) melk

60 ml (¼ k) hoenderaftreksel

sout en peper na smaak

375 g oorskiet- gaar hoender, in stukkies gebreek

  1. Braai die soetrissies, sampioene en ui in die helfte van die botter in ’n verhitte pan tot net sag. Skep uit.
  2. Voeg die orige botter by, verhit tot gesmelt, verwyder van die hitte en roer die meel by. Roer tot glad.
  3. Plaas terug op die hitte en laat prut. Roer die melk en aftreksel by en bring tot kookpunt terwyl geroer word. Geur met sout en peper.
  4. Roer die hoender by en verhit tot warm.