Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 50-60 minute

VULSEL

750 ml (3 k) warm water

250 ml (1 k) rooi lensies

15 ml (1 e) botter

1 ui, gekap

2 selderystingels, gekap (opsioneel)

1 brandrissie, fyn gekap

1 lourierblaar

½ botterskorsie, geskil en in klein blokkies gesny

1 blik (410 g) gekapte tamaties

30 ml (2 e) tamatiepasta

5 ml (1 t) suiker

1 blik (410 g) bruin lensies gedreineer en afgespoel

sout en peper

BOLAAG 6 aartappels, gekook en geskil 30 ml (2 e) melk 60 ml (¼ k) gerasperde parmesaankaas sout en vars gemaalde swartpeper

  1. Vulsel Giet water oor die lensies en laat week sowat 15 minute.
  2. Plaas intussen die botter, ui, seldery, brandrissie en lourierblaar in ’n mikrogolfvaste glasbak en mikrogolf 5 minute.
  3. Voeg die botterskorsie en lensiemengsel by en mikrogolf tot die lensies sag is, sowat 15 minute.
  4. Voeg die res van die bestanddele by, geur met die sout en peper en mikrogolf nog 5 minute tot geurig en warm.
  5. Bolaag Maak al die bestanddele saam fyn (hou ’n bietjie parmesaankaas uit) en geur met die sout en peper.
  6. Skep die vulsel in ’n bak en smeer die bolaag oor. Mikrogolf tot warm, sowat 3 minute. Skroei die bolaag effens met ’n blaasvlam en sprinkel die orige kaas oor.