GenoeG vir 4-6 mense

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: 60 minute

HOENDER

1 heel hoender

sout en peper

VULSEL

250 g spekvleis

6 varkworsies, ontvel

125 ml (½ k) vars witbroodkrummels

geweek in

125 ml (½ k) water

4 gerookte varkworsies, gebraai

Portugese en hoenderspeserye na smaak

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. HOENDER Verwyder die karkas van die hoender deur langs die ruggraat af te begin sny. Moenie die dye, boudjies en vlerkies ontbeen nie. Geur met sout en peper. Plaas met die velkant na onder op ’n oppervlak.
  2. VULSEL Braai die spekvleis tot gaar en pak dit in die middel van die hoender af.
  3. Meng die varkworsievleis en broodkrummels. Deel in twee en pak een helfte op diespeklaag.
  4. Plaas die gebraaide varkworsies heel bo-op die krummelmengsel. Plaas die res van krummelmengsel bo-op. Vou toe en werk die naat toe. Geur met speserye. Plaas op ’n bakplaat. Oondbraai 60 minute tot gaar en bruin.