Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd:15-20 minute

250 ml (1 k) koekmeel

10 ml (2 t) hoenderspeserye

5 ml (1 t) rooipeper

sout en swartpeper

3 eiers

500 g hoenderborsfilette, in blokkies of repies gesny

olie

250 ml (1 k) room

5 ml (1 t) mielieblom opgelos

in 10 ml (2 t) water

2 ml (½ t) suurlemoensap en -skil

basmatirys en groente vir voorsit

  1. Meng die meel en speserye. Geur na smaak met sout en peper. Plaas in ’n bakkie.
  2. Klits die eiers in ’n aparte bakkie.
  3. Rol die hoenderstukkies in die meel tot goed bedek. Rol in die eier en weer in die meel.
  4. Braai die hoender in die olie tot bruin en gaar. Skep uit.
  5. Vee die pan uit, voeg die room en mielieblompasta by en verhit tot die sous kook en effens verdik het. Roer gedurig. Geur met die suurlemoenskil en sap, sout en peper.
  6. Giet die roomsous oor die hoender en sit voor met basmatirys en groente.