Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

Genoeg vir 5 mense

Energie per porsie = 1 333 kJ

4 hoenderborsies, in repies gesny

sout na smaak

2 eierwitte

4 snye volgraanbrood, verwerk tot fyn krummels

45 ml (3 e) fyn gerasperde parmesaankaas

15 ml (1 e) olie

15 ml (1 e) droë pietersielie

Voorverhit die oond tot 220 °C en voer ’n groot bakplaat met foelie uit.

Druk die hoenderrepies droog en geur liggies met sout.

Klits die eierwitte tot skuimerig. meng die broodkrummels, parmesaankaas, olie en pietersielie goed en gooi dit in ’n bord uit.

Doop die hoenderrepies in eierwit en rol dit dan in die krummelmengsel.

Pak op die bakplaat en oondrooster sowat 7 minute aan elke kant tot goudbruin en deurgaar.

Sit voor met avokado-doopsous.

WENK: Ons het die eiergeel met eierwit vervang en die hoenderrepies in die oond gerooster eerder as om dit in olie te braai.