Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 25-30 min.

HOENDER

4-6 hoenderborsfilette

sout en vars gemaalde

swartpeper

125 ml (½ k) koekmeel

125 ml (½ k) witbroodkrummels

125 ml (½ k) klapper,gerooster

2 eiers, geklits

30 ml (2 e) olyfolie

PYNAPPELSLAAI

1 groot pynappel

hand vol vars mentblare, gekap

1 rooi brandrissie, fyn gekap

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Hoender Kap die hoenderborsies effens platter met jou hand en geur met sout en peper.
  2. Geur die koekmeel met sout en peper en rol die hoender daarin. Meng die broodkrummels en die geroosterde klapper. Doop die hoender een vir een in die eier en dan in die klappermengsel.
  3. Sit ’n draadrakkie op ’n bakplaat en spuit met kossproei. Pak die hoender daarop, sprinkel met die olyfolie en oondrooster 25-30 min. of tot gaar (die gaarmaaktyd gaan afhang van die dikte van die borsies).
  4. Pynappelslaai Skil die pynappel en sny in blokkies of soos verkies. Meng die ment en rissie deur.
  5. Sit die hoender voor met die slaai en Griekse jogurt en suurlemoenwiggies.