Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: 40-45 minute

6-8 hoenderporsies (dytjies en boudjies)

500 ml (2 k) koekmeel

5 ml (1 t) droë tiemie

5 ml (1 t) varsgemaalde swartpeper

10 ml (2 t) sout

5 ml (1 t) selderysout

2 eiers

500 ml (2 k) karringmelk

750 ml (3 k) fyn broodkrummels

olie vir diepvetbraai

groenslaai en aartappelwiggies vir voorsit

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Sny enige oortollige vet van die hoender af.
  2. Meng die meel, tiemie, peper, sout en selderysout goed saam in ’n bakkie.
  3. Klits die eiers en karringmelk goed saam in ’n ander bakkie. 4 Plaas die broodkrummels in ’n derde bak.
  4. Rol die hoenderporsies in die meelmengsel, dan die eiermengsel en dan in die broodkrummels. Verkoel 15 minute sodat die krummels goed vassit.
  5. Verhit genoeg olie vir diepvetbraai.
  6. Braai die hoender in die olie tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.
  7. Pak op ’n bakplaat en bak sowat 30 minute of tot die hoender gaar is.
  8. Sit voor met ’n groenslaai en aartappelwiggies.