Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: sowat 15 minute

Genoeg vir 4-6 mense

6 ontbeende hoenderborsies

sout en vars gemaalde swartpeper

30 ml (2 e) olyfolie

1-2 vars of gedroogde lourierblare

1 klein ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gekap

20 ml (4 t) matige kerriepoeier

1 ml (¼ t) fyn komyn

5 ml (1 t) paprika

10 ml (2 t) gemmerwortel, fyn gekap

250 g sagte gedroogde appelkose

2 selderystingels, fyn gekap

250 ml (1 k) mayonnaise

250 ml (1 k) natuurlike jogurt

vars koljanderblare, grof gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C en rangskik die hoenderborsies in ’n groot oondbak.

Geur met sout en peper en sprinkel van die olyfolie oor.

Sit die lourierblare op die hoender en bak sowat 15 minute of tot gaar.

Moenie te lank bak nie; dit kan droog raak.

Verhit die res van die olie en braai die ui en knoffel tot sag.

Roer die kerriepoeier, komyn, paprika en gemmer by en roer nog sowat 5 minute.

Verwyder van die plaat en roer die appelkose, seldery, mayonnaise en jogurt by.

Geur indien nodig.

Sny die hoender in blokkies en roer die mayonnaisesous deur die hoender.

Sit die hoendermengsel voor saam met gaar pasta, as ’n vulsel vir ’n toebroodjie of pak ekstra slaaiblare in en sit dit voor as ’n slaai.

Garneer met nog seldery en die koljanderblare.