Margaret Jansen van Rensburg van Hartbeesfontein het hierdie resep vir ons gestuur.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

15 ml (1 e) olie

30 ml (2 e) gekapte ui

10 ml (2 t) kerriepoeier

5 ml (1 t) mosterdpoeier

60 ml (4 e) rooiwyn

30 ml (2 e) water

1 lourierblaar

30 ml (2 e) suiker

varsgemaalde swartpeper

2 dun skyfies suurlemoen

15 ml (1 e) suurlemoensap

1 ml (¼ t) sout

15 ml (1 e) fyn appelkooskonfyt

125 ml (½ k) mayonnaise

250 ml (1 k) room of gewone jogurt

1 heel gaar hoender, in stukke gebreek

  1. Verhit die olie en braai die ui tot goudkleurig. Voeg die kerrie en mosterd by en braai 2 minute.
  2. Voeg al die ander bestanddele behalwe die mayonnaise, room of jogurt en hoender by. Laat afkoel en verwyder die
  3. suurlemoenskyfies.
  4. Roer die mayonnaise geleidelik by. Klop die room effens en voeg by.
  5. Plaas die hoender in ’n opdienbak. Giet die slaaisous oor die hoender en sit voor met ’n slaai.