Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

15 ml (1 e) olie

30 ml (2 e) gekapte ui

10 ml (2 t) kerriepoeier

5 ml (1 t) mosterdpoeier

60 ml (4 e) rooiwyn

30 ml (2 e) water

1 lourierblaar

30 ml (2 e) suiker

varsgemaalde swartpeper

2 dun skyfies suurlemoen

15 ml (1 e) suurlemoensap

1 ml (¼ t) sout 15 ml (1 e) fyn appelkooskonfyt 125 ml (½ k) mayonnaise 250 ml (1 k) room of gewone jogurt 1 heel gaar hoender, in stukke gebreek

  1. Verhit die olie en braai die ui tot goudkleurig. Voeg die Kerrie en mosterd by en braai 2 minute.
  2. Voeg al die ander bestanddele behalwe die mayonnaise, room of jogurt en hoender by. Laat afkoel en verwyder die suurlemoenskyfies.
  3. Roer die mayonnaise geleidelik by. Klop die room effens en voeg by.
  4. Plaas die hoender in ’n opdienbak. Giet die slaaisous oordie hoender en sit voor met ’n slaai.