Niekie Bushby van Krugersdorp het hierdie resep met ons gedeel.

Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

8 hoenderdye

sout en peper na smaak

25 ml (5 t) olie

2 groot uie, in skywe gesny

15 ml (1 e) matige geroosterde kerriepoeier

15 ml (1 e) druiweasyn

30 ml (2 e) fyn appelkooskonfyt

250 ml (1 k) mayonnaise van

’n goeie gehalte slaai en roti’s vir voorsit

  1. Geur die hoender met sout en peper en braai dit in ’n bietjie olie bruin. Verlaag die hitte, bedek en verhit tot sag en gaar. Voeg ’n bietjie water by indien nodig. Laat afkoel.
  2. Verhit nog olie in dieselfde pan en roerbraai die uie tot sag. Voeg die kerriepoeier en asyn by en meng deur.
  3. Voeg die konfyt by, meng deur en laat 5 minute prut. Laat afkoel en meng die mayonnaise by.
  4. Rangskik die hoenderstukke op ’n opdienbord en giet die kerriesous oor. Plaas in yskas.
  5. Sit voor met roti’s en slaai.