Genoeg vir 4-5 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: sowat 1 uur

MARINADE

80 ml ( k) vissous

1 bos koljander met

wortels, fyn gekap

1 knoffelhuisie, fyngedruk

30 ml (2 e) strooisuiker

3 brandrissies, fyn gekap

sap en skil van 1 suurlemoen

HOENDER

1 hoender, gevlek

3-4 rooi-uie, in wiggies gesny

Voorverhit die oond tot 230 °C. Smeer ’n oondbak met olie.

  1. Marinade Meng alles.
  2. Hoender Lig die vel oor die bors en dytjies en druk van die marinade onder die vel in.
  3. Pak die uie in die oondbak; plaas die hoender bo-op. Giet die marinade oor. Braai 15 min., verlaag die temperatuur tot 180 °C en oondbraai nog 30-45 min.
  4. Haal die hoender uit en kook die pansappe en uie op die stoofplaat tot sag.
  5. Sit voor.