30 ml (2 e) grondboonolie

6 knoffelhuisies, fyngedruk

5 ml (1 t) gemmer, vars gerasper

2 uie, in fyn skywe gesny

5 ml (1 t) sout

450 g hoenderborsfilette, in repe gesny

’n bossie sprietuie, gekap

250 ml (1 k) kopkool, in skywe gesny

1 rooi soetrissie, in fyn skywe gesny

250 ml (2 k) suikerertjies

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

30 ml (2 e) sojasous

30 ml (2 e) witsuiker

30 ml (2 e) mielieblom

rys vir voorsit (opsioneel)

Verhit die grondboonolie in ’n wok of groot kastrol.

  1. Roer die knoffel, gemmer, uie en sout in.
  2. Roerbraai tot die ui deurskynend word, sowat 2 minute.
  3. Voeg die hoender by en roerbraai vir sowat 3 minute.
  4. Voeg die sprietuie, kool, soetrissie, ertjies en die helfte van die aftreksel by.
  5. Bedek en laat stadig prut tot die hoender gaar is, sowat 15 minute.
  6. Meng die oorblywende aftreksel, sojasous, suiker en mielieblom.
  7. Voeg dit by die hoender en roer tot die sous verdik het en alles met die verdikte sous bedek is.

Sit dadelik voor, op warm rys indien verkies.

- Berei deur Carmen Hendricks & Nolan Daniels