2 heel knoffelbolle

gerasperde skil en sap van 1-2 suurlemoene

sout

125 ml (½ k) olyfolie

1 pak (8) hoenderstukke

1 Franse brood, in stukke gebreek

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Skil die huisies van een knoffelbol en maak dit saam met die suurlemoenskil en sout in ’n stamper en vysel fyn. Voeg ’n bietjie van die olyfolie by en smeer die hoender goed daarmee in.
  2. Pak die hoenderstukke in ’n oondvaste bak. Breek die ander knoffelbol op en rangskik dit rondom die hoender.
  3. Giet die suurlemoensap en die res van die olyfolie oor.
  4. Oondbraai sowat 45 minute in die voorverhitte oond tot gaar en bros. Voeg die brood by en oondbraai tot bros.
  5. Sit die hoenderstukke voor saam met brood waarop knoffelpuree (van die knoffel wat tussen die hoenderstukke was) uitgedruk is.