Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

Braaityd: 1 uur 10 minute

1,5 kg heel hoender

50 g botter

skil van 1 suurlemoen

6 knoffelhuisies

sout en peper

2 suurlemoene, in skywe gesny

6 baba-uie

4 wortels

8 takkies tiemie

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

1    Voorverhit die oond tot 200 °C.

2    Meng die botter met die suurlemoensap, 2 knoffelhuisies, sout en peper.

3    Druk die hoender droog en vryf die helfte van die bottermengsel onder die hoendervel wat die bors bedek en die res oor die hoender.

4    Stop die hoender se holte met die suurlemoenskywe en die res van die knoffel. Bind die bene met kombuistou vas.

5    Rangskik die uie en wortels in ’n braaipan, plaas die hoender op die groente met die borskant na bo, giet die hoenderaftreksel in en strooi die tiemie bo-oor.

6    Rooster ’n halfuur, draai die hoender met ’n tang om en braai nog 20 minute. Draai weer om en braai tot die hoender goudkleurig is en helder sappe uitkom.

7    Plaas die hoender saam met die groente op ’n opdienbord.

- Hope Malau