Lewer 4 porsies.

olie, vir braai

1 ui, dun gesny

4 knoffelhuisies, gekap

15 ml (1 e) gerasperde vars gemmer

4 hoenderborsies (sonder vel of been), in repies gesny

60 ml (¼ k) heuning

30 ml (2 e) sojasous

15 ml (1 e) soet rissiesous

250 g broccoli, in stukkies gesny

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

3 stingeluie, gekap

Verhit ’n bietjie olie in ’n wok of groot pan tot baie warm.

Braai die uie vinnig daarin, voeg die knoffel, gemmer en hoender by en braai tot amper gaar.

Voeg die heuning, sojasous, rissiesous en broccoli by en braai tot die broccoli net-net gaar en die sous klewerig is.

Geur na smaak met sout en swartpeper en sprinkel die stingeluie oor.

Sit dadelik voor op noedels of rys.

Volg Huisgenoot op Twitter.