Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 20 min.

80 ml (? k) heuning

30 ml (2 e) oestersous

5 cm vars gemmer, gerasper

2 knoffelhuisies, fyngedruk

60 ml (¼ k) water

12 hoendervlerkies

30 ml (2 e) olie

600 g Oosterse blaarslaai of spinasie, gekap en geblansjeer

repies sprietuie en rys vir voorsit

  1. Meng die heuning, oestersous, gemmer, knoffel en water in ’n bak en sit eenkant.
  2. Plaas die vlerkies in ’n potjie met water en kook 5 minute. Verwyder en vee met papierhanddoek af.
  3. Verhit die olie in ’n braaipan oor hoë hitte en kook die vlerkies in sarsies 5 minute of tot deurgaar.
  4. Voeg die heuningmengsel by en laat prut 4 minute of tot effens verdik.
  5. Rangskik die blaarslaai of spinasie op ’n bord en bedek met die hoender en sprietuie. Skep die heuningsous oor en sit voor saam met rys.