Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: sowat 40 minute

HOENDER

1 groot hoender, opgesny in 8-10 stukke

sout en vars gemaalde swartpeper

sowat 60 ml (¼ k) olyfolie

1 knoffelbol, gehalveer

5 tiemietakkies

30 ml (2 e) rooiwynasyn

30 ml (2 e) donker sojasous

60 ml (¼ k) heuning

2 ryp lemoene, geskil en in bloke gesny

1 lemoen, met skil in baie dun skyfies gesny

pietersielie vir garnering

ROMERIGE FYN AARTAPPELS

1 kg aartappels, geskil

30 ml (2 e) botter

8 stingeluie, fyn gekap

100 ml dik room (double cream)

100 ml volroommelk, plus ekstra indien nodig

sout en swartpeper

pietersielie vir garnering

HOENDER

Geur die hoender met sout en peper. verhit die olie in ’n groot pan en braai die hoenderstukke, knoffel en tiemie ’n paar stukke op ’n slag tot oral goudbruin. skep al die hoenderstukke terug in die pan en giet die asyn oor. Braai tot die asyn wegkook. voeg die sojasous en heuning by en roer tot goed gemeng. Giet ’n bietjie water en die lemoenblokkies by die hoender, rangskik die lemoenskywe op die hoender en bring tot kookpunt. verlaag die

hitte en laat prut 30 minute of tot die sous stroperig word.

AARTAPPELS

Kook intussen die aartappels in soutwater tot sag, dreineer en druk fyn met ’n aartappeldrukker. Roer die botter

en stingeluie by. verhit die room en melk in ’n klein kastrol en roer by die aartappels in tot goed gemeng en geur na smaak met sout en peper. Skep die hoender in ’n opdienbak, garneer met pietersielie en sit voor saam met die aartappels