Genoeg vir 2

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 15 min.

Hoenderbrokkies

500 g hoender, fyngemaal

1 eier

2,5 ml (½ t) knoffelpoeier

2,5 ml (½ t) sout

60 ml (¼ k) droë klapper

olyfolie vir bedruip

Vir aanmekaarsit

2 snye bruinbrood, gerooster

1 avokado, in skywe gesny

1 tamatie, in skywe gesny

4 komkommerskywe

slaaiblare

45 ml (3 e) mayonnaise

2,5 ml (½ t) mosterdpoeier

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n bakplaat.

  1. Hoenderbrokkies: Meng die hoendermaalvleis, eier, knoffelpoeier en sout met nat hande saam in ’n groot bak. Strooi die klapper op ’n ander bord.
  2. Vorm die maalvleismengsel in brokkies en maak effens plat met jou handpalm. Rol die brokkies in die klapper tot goed bedek en pak op die voorbereide bakplaat. Bedruip met olyfolie en bak ’n kwartier in die oond of tot gaar.
  3. Vir aanmekaarsit: Plaas die roosterbrood op ’n skoon snyplank en sny elke sny in twee driehoeke. Pak lae op die twee helftes met ’n hoenderbrokkie, avokado, tamatie, komkommer en blaarslaai.
  4. Meng die mayonnaise en mosterd en skep die mengsel oor die bolae. Maak die toebroodjie toe met die oorblywende snye brood.