Genoeg vir 4 porsies

100 ml koekmeelblom

10 ml (2 t) sout

peper na smaak

20 ml (4 t) hoenderaftrekselpoeier

100 ml droë witbroodkrummels

1 ml kerriepoeier

2 ml paprika

2 eiers, geklits

8 hoenderboudjies

sowat 30 ml (2 e) olie

Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ’n oondbak met kossproei of smeer met gesmelte botter of margarien.

Meng die meel, sout, peper, hoenderaftrekselpoeier, droë witbroodkrummels, kerriepoeier en paprika in ’n groot mengbak.

Doop die hoenderporsies in die geklitste eier en doop elke porsie in die droë meelmengsel.

Skud die orige meelmengsel af en pak die porsies in die voorbereide oondbak.

Strooi die orige meelmengsel oor die hoender en bedek die oondbak met foelie.

Bak 40 minute en verwyder die foelie.

Sprinkel ’n bietjie olie oor die hoender en bak nog sowat 20 minute of tot gaar en bros.

Sit voor saam met aartappelskyfies en kool-en-wortelslaai.