Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Genoeg vir 9 mense

8 hoenderborsies

60 ml (¼ k) tikka-kerriemasala

15 ml (1 e) tandoori-kerriepoeier

60 ml (¼ k) gewone jogurt

60 ml (¼ k) fyn broodkrummels

Tzatziki

½ komkommer, fyn gerasper

30 ml (2 e) kruisement

125 ml (½ k) gewone jogurt

sout en peper

Sny die hoenderborsies in blokkies.

Sit dit in ’n voedselverwerker en blits tot glad.

Meng die kerriemasala, kerriepoeier, jogurt en broodkrummels in ’n mengbak.

Meng die hoender in en vorm die mengsel in koekies.

Bak die koekies in ’n effens geoliede pan oor medium hitte vir 10 minute weerskante of tot gaar.

Tzatziki Meng al die bestanddele en geur met sout en peper.

Sit die hoenderkoekies voor saam met pitabrood en tzatziki.

-Hope Malau