Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

Marineer-en-weektyd: 2x oornag

SOUS

250 g droë appelkose

500 ml (2 k) appelkoossap

1 ui, fyn gekap

1 knoffelhuisie, gekneus

2 cm-stuk gemmerwortel, gerasper

olie

30 ml (2 e) matige kerriepoeier

5 ml (1 t) borrie

2 ml (½ t) gekapte brandrissie

45 ml (3 e) appelkooskonfyt

15 ml (1 e) suurlemoensap

60 ml (¼ k) klapper

SOSATIES

500 g hoenderborsfilette, in blokkies gesny

125 ml (½ k) natuurlike jogurt

gemeng met 45 ml (3 e) gekapte koljander vir voorsit

  1. SOUS Week die appelkose oornag in die appelkoossap.
  2. Braai die ui, knoffel en gemmer in die olie tot sag. Voeg die kerrie, borrie en brandrissie by en braai 1 minuut.
  3. Voeg die konfyt, suurlemoensap en klapper by. Laat afkoel en roer 60 ml van die sap waarin die appelkosies geweek het, by. Voeg die hoender by en marineer oornag.
  4. SOSATIES Week sosatiestokkies in water en ryg die appelkose en hoenderstukkies daarop. Plaas op ’n bakplaat.
  5. Rooster die sosaties sowat 20 minute of tot gaar onder die roosterelement.
  6. Sit voor met die koljanderjogurt.