GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 20 min.

PESTO

2 groot hande vol vars koljander

3 knoffelhuisies

45 g amandels, gerooster

125 ml (½ k) olyfolie

HOENDER

250 g strepiespekvleis

4 hoenderborsies

80 g mozzarella, in skywe gesny

15 ml olie

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Pesto Meng die koljander, knoffel en amandels in ’n verwerker. Terwyl jy dit verwerk, voeg die olie in ’n egalige stroom by tot goed gemeng.
  2. Hoender Plaas 4 repe spekvleis oop op ’n bord. Kap die hoender met ’n houthamer effens dunner. Plaas die hoenderborsie in die lengte van die spekvleis en smeer die pesto oor die hoenderborsie.
  3. Bedek met die kaas en rol op. Steek met tandestokkies vas. Verhit die olie in ’n braaipan oor matige hitte en braai die rolletjies alkante.
  4. Plaas 10 min. in die oond of tot deurgaar. Trek die tandestokkies uit en sny in skywe.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan