Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Verkoel: 1 uur

Gaarmaak: 45-50 min.

4-6 hoenderporsies

500 ml (2 k) karringmelk

olie vir diepvetbraai

MEELMENGSEL

375 ml (1 ½ k) meel

20 ml (4 t) gerookte paprika

20 ml (4 t) knoffelpoeier

5 ml (1 t) tafelsout

5 ml (1 t) hoenderspeserye

20 ml (4 t) gemengde

gedroogde kruie

sout en vars gemaalde peper

KAPOKAARTAPPEL

6 groot aartappels, geskil en gekook

250 ml (1 k) ertjies, geblansjeer

15 ml (1 e) botter

15 ml (1 e) melk

Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit ’n draadrakkie op ’n groot bakplaat.

  1. Sit die hoenderporsies in ’n groot glasbak en giet die karringmelk oor. Meng goed, bedek met kleefplastiek en verkoel 1 uur.
  2. Meelmengsel Meng al die bestanddele en geur met die sout en vars gemaalde peper.
  3. Haal die hoender uit die karringmelk (maar behou die karringmelk), rol in die meelmengsel, doop weer in die karringmelk en rol weer in die meelmengsel.
  4. Verhit die olie vir diepvetbraai. Braai die hoender in sarsies tot goudbruin (sowat 1 min.).
  5. Pak die hoender op die draadrakkie en bak verder 40-45 min. of tot gaar in die oond.
  6. Kapokaartappel Druk al die bestanddele saam fyn, geur met die sout en peper en sit saam met die hoender en ’n roketen-radysslaai voor.