4 groot hoenderborsies, effens platter gekap

sout en peper

250 ml (1 k) karringmelk

250 ml (1 k) meel

15 ml (1 e) soet paprika

15 ml (1 e) gemengde kruie

olie vir vlakbraai

  1. Geur die hoender met sout en peper en plaas in die karringmelk.
  2. Meng die meel, paprika en kruie en geur met sout en peper.
  3. Verwyder die borsies uit die karringmelk en rol in die meel.
  4. Vlakbraai in ’n bietjie verhitte olie tot goudbruin en gaar. Sit dadelik voor saam met slaai en suurlemoenwiggies.

Vir nog resepte, besoek: www.wenresepte.co.za