Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

500 ml (2 k) strooisuiker

60 ml (¼ k) sojasous

80 ml (¹/³ k) water

1 gaar braaihoender, in porsies gesny

wortelrepies en kruisementblare vir garnering

  1. Smelt die strooisuiker stadig in ’n swaarboomkastrol oor lae hitte. Skud kort-kort tot al die suiker gesmelt het. Verhit tot net gekaramelliseer (pasop vir brand).
  2. Verwyder dadelik van die plaat. Voeg die sojasous en water versigtig by. Dit sal begin borrel en die suiker sal klonte vorm. Plaas terug op die plaat, verlaag die hitte en roer aanhoudend tot die suikerstukkies weer opgelos het.
  3. Giet die sous oor die hoender.

Garneer met wortelrepies en kruisementblare.

WENK

Moenie die suiker roer terwyl dit smelt nie, dan sandsuiker dit. Verwyder dit van die hitte sodra dit goudbruin begin verkleur, want daarna kan dit blitsvinnig te donker word en bitter smaak.