Bereiding: 1 uur

Gaarmaaktyd: 30-35 minute

Genoeg vir 6 mense

3 heel jong hoenders

sout en peper na smaak

Peri-peri-sous

6 rooi brandrissies

15 ml (1 e) fyngedrukte knoffel

5 ml (1 t) soutvlokkies

2,5 ml (½ t) paprika

125 ml (½ k) olyfolie

60 ml (¼ k) rooiwynasyn

geroosterde aartappelwiggies en slaai vir opdiening

Peri-peri-sous

  1. Plaas die brandrissies, knoffel, sout, paprika, olie en asyn in ’n kastrol en laat 5 minute prut. Laat afkoel.
  2. Gooi die mengsel in ’n voedselverwerker en verwerk tot dik.
  3. Plaas die hoenders in ’n groot bak en geur met sout en peper.
  4. Smeer die hoenders oraloor met die helfte van die sous.
  5. Verseël en laat marineer in die yskas vir minstens 1 uur.

Voorverhit die oond tot 180 °C en voorverhit die roosterpan of braaier.

  1. Braai die hoenders op die roosterpan of braaier vir 5 minute weerskante of tot verbruin.
  2. Sit die hoender op die roosterpan en rooster 25 minute of tot deurgaar.
  3. Bedruip van tyd tot tyd met die oorblywende sous.

Sit voor met aartappelwiggies en slaai.

- Hope Malau

Foto: David Briers