Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Marineertyd: 1 uur of oornag

Gaarmaaktyd: 30-45 minute

HOENDER

  • 500 m l (2 k) plein jogurt
  • sap en lemoenskil van 1 suurlemoen
  • 45 ml (3 e) gekapte vars origanum
  • 10 ml (2 t) gekapte vars pietersielie
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • 4-6 hoenderborsies, vel verwyder

AARTAPPELS

  • 4-6 aartappels, met skil, gesny in wiggies
  • ’n hand vol vars roosmaryn, grof gekap
  • seesout
  • olyfolie

  1. Hoender Meng die jogurt, suurlemoenskil en sap, kruie, knoffel, sout en peper in mengbak. Sit van die jogurtmengsel eenkant om as sous te dien.
  2. Bedek die hoender met die res van die gegeurde jogurt en sit vir sowat 1 uur of verkieslik oornag in die yskas.
  3. Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas die hoender in ’n oondvaste bak en bak, bedek, 35-40 minute.
  4. Aartappels Plaas die aartappels op ’n bakplaat en strooi die roosmaryn, sout en olyfolie oor. Bak saam met die hoender 30 tot 45 minute of tot bros. Draai dit een keer tydens gaarmaakproses om.

Sit die hoender met die aartappels en die res van die jogurtsous voor.