Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 min.

Marineer: 1 uur

Gaarmaak: 30 min.

PASTA

5 wonderpeperbessies

15 ml (1 e) brandrissievlokkies

10 ml (2 t) donkerbruinsuiker

30 ml (2 e) heuning

’n hand vol pietersielie

2 brandrissies

2 knoffelhuisies, gekap

3 cm vars gemmer, gerasper

olie

HOENDER EN RYS

1 kg hoenderstukke

30 ml (2 e) olie

500 ml (2 k) basmatirys

1 blik (400 g) rooi nierbone

1 blik (400 ml) klappermelk

2 sprietuie, gekap

  1. Pasta: Maal die bestanddele met ’n stamper in ’n vysel terwyl jy genoeg olie ingiet om ’n slap pasta te vorm.
  2. Hoender en rys: Giet die pasta oor die hoender en masseer in die vleis in. Los ’n uur in die koelkas.
  3. Verhit die olie in ’n braaipan oor matige hitte. Voeg die hoender by met die velkant na onder en kook ’n halfuur tot deurgaar terwyl jy gereeld omdraai.
  4. Spoel die rys af tot die water helder loop. Voeg in ’n kastrol saam met die bone, klappermelk en sprietuie en bring tot kookpunt. Verminder die hitte en laat prut ’n kwartier of tot die rys gaar is. Sit voor saam met die hoender.