Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

250 ml (1 k) meel

5 ml (1 t) paprika

2 ml (½ t) rooipeper

sout en peper

18 hoendervlerkies

olie vir diepbraai

DOOPSOUS

50 g botter

9 jalapeño-brandrissies, gesny

10 ml (2 t) Cajun-spesery

2, 5 ml (½ t) brandrissievlokkies

375 ml (1½ k) soetbrandrissiesous

125 ml (½ k) water

1.    Meng die meel, paprika, rooipeper, sout en peper in ’n bak. Bestuif die hoendervlerkies met die meelmengsel en sit eenkant.

2.    Verhit genoeg olie in ’n diep pot om die vlerkies te bedek. Laat val die vlerkies in die warm olie en braai 10 minute of tot verbruin. Verwyder met ’n gaatjieslepel.

3.    Doopsous Smelt die helfte van die botter in ’n pan oor matige hitte. Voeg die brandrissies, Cajun-spesery en brandrissievlokkies by en braai 2 minute. Gooi die soetbrandrissiesous en water in en laat prut 10 minute oor lae hitte. Roer die res van die botter by.

4.    Sit die hoendervlerkies saam met die doopsous voor.

- Hope Malau