Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 min.

Marineer: 30 min. of oornag

Gaarmaak: 20 min.

4 hoenderborsies

250 ml (1 k) peper-en-knoffel-pastasous

30 ml (2 e) olyfolie

1 eiervrug

125 ml (½ k) gewone jogurt

2 knoffelhuisies, fyngedruk

30 ml (2 e) suurlemoensap

4 tortilla, gerooster

4 tamaties, in kwarte gesny

koljanderblare, vir garnering

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Marineer die hoender 30 min. of oornag in die pastasous en olyfolie. Plaas ’n roosterpan oor matige hitte en braai die hoender tot deurgaar.
  2. Rooster die eiervrug tot blasies vorm en dit sag is. Wanneer koel genoeg om te hanteer, skep die vlees uit. Meng die eiervrugvlees met die jogurt, knoffel en suurlemoensap.
  3. Smeer elke tortilla met die baba-ganoesj (eiervrugmengsel) en bedek met skywe hoender, die vars tamaties, oorskietsous en koljander.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan