Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

200 g hoenderborsfilette, in klein blokkies gesny

sout en peper

olie

30 ml (2 e) romerige laevet-mayonnaise

60 g gerasperde laevet-cheddarkaas

125 ml (½ k) heelpitmielies

125 ml (½ k) ertjies

4 tortillas

  1. Geur die hoender met sout en peper en braai in olie tot effens bruin. Bedek en stoombraai tot gaar. Skep uit en laat dit goed afkoel.
  2. Meng die hoender met die mayonnaise. Voeg die kaas, mielies en ertjies by.
  3. Skep die vulsel in die tortillas en rol in pakkies op. Verkoel tot stewig. Braai op ’n goed verhitte riffelpan tot effens gerooster.
  4. Laat afkoel en pak in ’n houer. Hou koel tot dit geëet word.