Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

60 ml (¼ k) Griekse joghurt

5 ml (1 t) heuning

5 ml (1 t) Dijon-mosterd

sout en vars gemaalde swartpeper

30 g pieterselie, die stingels verwyder

3 knoffelhuisies, gekap

60 ml (¼ k) gerasperde parmesaankaas

80 ml (? k) olyfolie

3 hoenderborsies, gekook en fyngemaak

6 sadebroodrolletjies

hand vol damasblom

1 Roer die joghurt, heuning, mosterd, sout en peper goed saam in ’n bak.

2 Meng die pieterselie, knoffel, kaas en olie deeglik in ’n voedselverwerker.

3 Meng die joghurtmengsel en pieterseliepesto en voeg die fyngemaakte hoender by.

4 Sny die broodrolletjies in die helfte. Rangskik die damasblom op die onderste helftes, skep die hoendermengsel bo-op en bedek met die boonste helftes van die broodrolletjies.

- Hope Malau