Genoeg vir 4 mense

15 ml olyfolie

2 knoffelhuisies, fyn gekap

1 brandrissie, fyn gekap (opsioneel)

4 ontbeende hoenderborsies, in repe gesny

sout en vars gemaalde swartpeper

50 g tikkapasta

1 blik (410 g) klappermelk

125 ml jogurt

handvol koljanderblare

eiernoedels

ekstra koljanderblare vir garnering

Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en braai die knoffel en brandrissie ’n minuut.

Roer die hoenderrepe by en braai sowat 3 minute tot dit verkleur het.

Geur met sout en peper.

Roer die pasta by en braai ’n bietjie.

Giet die klappermelk en jogurt by, bring tot kookpunt en verlaag die hitte.

Laat prut sowat 15 minute of tot die sous effens verdik.

Geur na smaak en roer die koljanderblare by.

Sit voor saam met noedels en ekstra blare.