GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 20 min.

500 ml (2 k) braaisous

60 ml (¼ k) brandewyn

sout en vars gemaalde witpeper

2,5 ml (½ t) uiepoeier

30 ml (2 e) paprika

2,5 ml (½ t) knoffelpoeier

30 ml (2 e) donkerbruinsuiker

15 ml (1 e) gerookte paprika

6 hoenderborsfilette, in stukke gesny

Steek die rooster aan en verhit tot matig.

1. Giet die braaisous en brandewyn in ’n klein bak. Meng goed.

2. Plaas die sout, witpeper, uiepoeier, paprika, knoffelpoeier, donkerbruinsuiker en gerookte paprika in ’n voedselverwerker. Verwerk tot heeltemal glad.

3. Sit die hoenderstukke in ’n bak en vryf dit met die speserye. Wanneer dit goed bedek is, ryg die hoenderstukke aan sosatiepenne.

4. Braai die sosaties sowat 5 min. aan ’n kant op die rooster of tot amper deurgaar.

5. Verf die sosaties met die braaisous en braai nog 5 min. aan elke kant. Sit voor saam met die oorblywende braaisous.

Deur Hope Malau

Foto’s: Megan Miller