Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

kossproei

250 g (1 pak) gemengde sampioene

10 ml (2 t) sesamolie

2 hoenderborsfilette, in repies gesny

4 knoffelhuisies

10 ml (2 t) vars gemmer, gerasper

15 ml (1 e) sojasous

30 ml (2 e) terijakisous

15 ml (1 e) heuning (opsioneel)

baba-spinasieblare

250 ml (1 k) gaar bruinrys

1 blik (400 g) bruinlensies, gedreineer

45 ml (3 e) koljanderblare

  1. Verhit ’n pan en spuit goed met kossproei. Voeg die sampioene by, roer, bedek en stoombraai tot sag en gaar. Skep uit.
  2. Giet die sesamolie in die pan. Voeg die hoenderfilette, knoffel en gemmer by en roerbraai effens. Voeg die sojasous, terijakisous en heuning by, bedek en prut tot net sag.
  3. Voeg die spinasieblare en sampioene by.
  4. Roer die rys en lensies by, verhit tot warm en besprinkle met koljanderblare.