Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaak: 15 minute

250 ml (1 k) rys

4 hoenderborsfilette

45 ml (3 e) sesamolie

sout en peper

3 knoffelhuisies, gekap

200 g broccoli

60 ml (¼ c) brandrissie-roerbraaisous

sonneblomolie

2 eiers, liggies geklits

  1. Voeg die rys in ’n pot koue water en kook volgens die aanwysings op die verpakking.
  2. Sny die hoender in repe.
  3. Verhit ’n groot pan of wok oor hoë hitte en voeg die sesamolie by. Geur die hoender met sout en peper en braai 3 minute in die olie.
  4. Voeg die knoffel en broccoli by en braai nog ’n minuut. Voeg die brandrissiesous by en laat prut nog 2 minute. Roer die gaar rys in en sit eenkant.
  5. Olie ’n braaipan en roer die eier so gaar as wat jy daarvan hou. Roer by die rys-en-hoendermengsel in.