500 ml (2 k) olie vir vlakbraai

300 g hoenderborsie, in skywe gesny

30 ml (2 e) meel, gegeur

1 eier, geklits

50 g bros krummels

200 g koolslaai

’n hand vol vars pietersielie, gekap

suurlemoenwiggies, vir voorsit

1. Verhit die olie in ’n groot, diep pan. Hou die hoender, meel, eier en broodkrummels in aparte vlak bakke.

2. Druk die hoender in die meel tot liggies bedek en skud die oortollige meel af. Doop die gegeurde hoender in die geklitste eier en dan in die krummels om te bedek. Sit op ’n bord.

3. Wanneer die olie warm genoeg is, braai die hoender in 3 sarsies sowat 3 min. elk, afhangende van die grootte van die stukke, tot deurgaar en goudkleurig. Skep met ’n gaatjieslepel uit in ’n groot bak wat met kombuispapier uitgevoer is.

Deur Hope Malau

Foto’s: Megan Miller