LEWER 1 MIDDELSLAGQUICHE

Bereiding: 20 min.

Staan: 30 min.

Gaarmaak: 55 min.

KORS

225 g koekmeel, gesif

2 ml (½ t) droë

gemengde kruie

150 g botter

1 eier

1 eiergeel

10 ml (2 t) melk

VULSEL

10 ml (2 t) olyfolie

125 g sampioene, in skywe gesny

1 rooi-ui, in halwe ringe

1 knoffelhuisie, fyngedruk

5 ml (1 t) geroosterde masala

sout en vars gemaalde peper

2 gaar hoenderborsfilette, versnipper

250 ml (1 k) room

3 eiers

vars preie, gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n 20 cm-tertpan met kossproei.

  1. Kors Meng die meel en kruie en vryf die botter in tot dit soos broodkrummels lyk. Klits die eier, eiergeel en melk saam en giet dit by die meel in. Meng goed tot dit ’n bal deeg vorm. Verkoel 30 min.
  2. Druk die deeg in die pan. Bak 15 min. blind. Haal uit en laat afkoel.
  3. Vulsel Verhit die olie en braai die sampioene, uie en knoffel tot goudkleurig. Voeg die masala by, geur met die sout en vars gemaalde peper en voeg die hoender by. Roerbraai sowat 1 min.
  4. Skep die hoendermengsel in die kors. Klits die room en eiers saam en giet dit oor die hoender. Bak 20 min. onbedek in die oond en nog 15-20 min. bedek tot geset. Garneer met die gekapte preie en sit voor.