Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

40 g botter

1 ui, gekap

3 wortels, in skywe gesny

3 selderystele, in skywe gesny

125 ml (½ k) meel

625 ml (2½ k) melk

1 sakkie gekonsentreerde laesout-aftreksel

8 hoenderborsies, in blokkies gesny

250 ml (1 k) bevrore ertjies

2 takkies tiemie

hand vol pietersielie, gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

400 g broskorsdeeg

1 eier, met 10 ml (2 t) water geklits

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Smelt die botter in ’n pan oor matige hitte en kook die ui, wortel en seldery tot die ui sag is.
  2. Voeg die meel by en roer 2 minute. Klits die melk en aftreksel in. Verminder die hitte en laat prut 5 minute. Voeg die hoender, ertjies, tiemie, pietersielie, sout en peper by. Skep in 4 oondvaste bakke.
  3. Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en sny deegdeksels uit wat ’n bietjie groter as die bakke is. Lê dit oor die vol bakke neer en vou die oortollige deeg langs die kante af. Druk die deeg met ’n vurk teen die rand van die bak vas.
  4. Verf die deeg met die eiermengsel en bak 25 minute of tot die pastei goudkleurig is.

- Hope Malau